‘En laat die vrede van God, waartoe julle ook in een liggaam geroep is, in julle harte heers,…’
– Die vrede van God is deel van Sy aard en karakter.
– Die Here smag daarna dat ons Sy vrede in ons harte sal ondervind.
– Die vyand wil graag toesien dat Sy vrede, in ons lewens, versteur word.
– Moenie vrees en twyfel die oorhand gee nie, laat Sy vrede in jou hart heers.
Gebed: Vader, dankie dat U vir my U vrede as geskenk gee. Ek kies dat U vrede die oorheersende gesag in my hart en lewe sal hê. Kom nou, en laat U vrede in my hart heers. Amen.