‘hulle is elke môre nuut; u trou is groot.’
– Ons moet onsself daaraan herinner dat die Here getrou is, en Sy getrouheid is groot.
– Hy was in die verlede ons Getroue Een en Hy is ons hoop vir die komende jaar.
– Boonop maak Hy Sy nuwe barmhartighede op ‘n daaglikse basis vir ons beskikbaar.
– Omhels, gryp en ontvang Sy nuwe barmhartighede vir vandag en vir hierdie nuwe jaar.
Gebed: Vader, dankie vir U vars, nuwe barmhartighede wat nou op die oomblik vir my beskikbaar is. Help my om hierdie jaar tenvolle aan te gryp, volledig oortuig dat U getrou is en dat ek niks het om te vrees nie. Amen.