‘dit is die goedertierenheid van die HERE dat ons nie omgekom het nie, want sy barmhartighede het geen einde nie;’
– Die liefde en getrouheid van die Here teenoor jou sal nooit eindig nie.
– Die HERE se goedertierenheid sal werklik nooit eindig nie.
– Jy kan nuwe voorsiening van Sy liefde en genade verwag waar jy die toekoms ingaan.
– Gaan die toekoms in met vertroue en versekering – Hy is alreeds daar!
Gebed: Vader, dankie vir hierdie wonderlike geleentheid om hierdie nuwe seisoen en hierdie nuwe tyd te betree. Ek sien met groot verwagting uit na U getroue liefde en genade, wat my sal deurdra. Amen.