‘Aan Hom nou wat magtig is om julle van struikeling te bewaar …’
– Die Here kan en sal keer dat jy nie struikel en val nie.
– Hy wil jou ophef en jou veilig vashou.
– Jy kan staatmaak op Sy krag om jou te dra en te onderhou.
– Moenie moedeloos wees nie, Hy kan keer dat jy val.
Gebed: Vader, dank U dat U my voete op die rots plaas. U hef my op en help my om sekuur te staan. U sal keer dat my voet struikel en U sal my die hele pad lei. Amen.