‘En die HERE het met Josua gespreek en gesê: …’
– Dit is baie belangik dat ons luister en gehoorsaam is tenopsigte van wat God vir ons sê om te doen.
– As jy van Sy leiding en Sy aanmoediging bewusraak moet jy dit doen.
– Maak dit wat Hy vir jou sê om te doen, ‘n prioriteit.
– Gehoorsaamheid lei tot seën in ons lewens, volg dus sy rigting.
Gebed: Vader, ek verklaar dat dit my wil en my begeerte is om gehoorsaam te wees en te volg wat U vir my sê. Ek kies U weë bo my weë, tenspyte van wat die koste mag wees. Amen.