‘Daarop sê die Here vir Josua: …..sodat hulle kan weet dat Ek met jou sal wees soos Ek met Moses gewees het.’
– Die blywende teenwoordigheid van die Here is iets wat ons kan ervaar.
– Sy teenwoordigheid maak die verskil in ons lewens.
– Wanneer ons weet dat HY met ons is, is dit maklik om vorentoe te beweeg.
– Hy is met jou en Hy sal aanhou om aan jou sy te wees.
Gebed: Vader, dankie dat U met my is. U teenwoordigheid kan ‘n werklikheid in my lewe wees, net soos dit vir diegene waarvan ek in U Woord lees, gewees het. Omring my met U teenwoordigheid en mag ek weet dat U daar, reg langs my, is. Amen.