‘en net soos die voetsole van die priesters,……, in die water van die Jordaan rus, sal die water van die Jordaan afgekeer word – die water wat van die bokant afkom, en dit sal soos een wal bly staan.
– Die Israeliete het ‘n rivier wat in vloed was tussen hulle en die Beloofde Land teëgekom.
– Dit het na ‘n onoorkomlike struikelblok gelyk.
– Maar toe die priesters vorentoe tree het ‘n wonderwerk plaasgevind en die rivier het oop gemaak.
– Ons Hoë Priester gaan ons vooruit en maak vir ons ‘n weg deur die onmoontlike.
Gebed: Here, U is my Hoë Priester, en U betreë die vloed of die vuur en die vlam wat my wil keer en vernietig, en U open ‘n pad vir my, deur dit alles. Amen.