‘…nie een woord van al die goeie woorde wat die Here julle God oor julle gespreek het, onvervuld gebly het nie; alles het vir julle uitgekom, …’
– Die Here is vir ewig en voortdurend getrou.
– Hy doen altyd wat Hy gesê het Hy sal doen.
– Sy hart is met goeie dinge en wonderlike gedagtes teenoor ons, gevul.
– Hy sal al die goeie dinge doen wat Hy belowe het omdat Hy getrou is.
Gebed: Vader, dankie vir U wonderbare getrouheid teenoor my. Dankie dat U die Here is, wat U beloftes nakom en alles uitvoer wat U vir ons voorberei het. Ons vertrou op U en U getrouheid. Amen.