‘Elke plek waar julle voetsool op sal trap, dit gee Ek aan julle,….’
– Daar is soveel wat God vir ons wil gee, maar ons moet dit aanvaar.
– Soms wil ons net sit en wag totdat iets in ons skoot val.
– Ons moet die dinge wat God vir ons voorberei het aanvaar en aangryp.
– Glo dat God goeie dinge vir jou het en gryp die belofte aan.
Gebed: Vader, ek bid dat vandag die begin van ‘n nuwe lewe vir my sal wees. Mag ek in U krag opstaan en met vrymoedigheid verklaar, “Hierdie is my erfenis en my gawe vanaf die Here”. Amen.