‘Ek is die lig van die wêreld; wie My volg, sal sekerlik nie in die duisternis wandel nie, maar sal die lig van die lewe hê.’
– Ten midde van al die duisternis en wanhoop, kan jy Sy lig ken.
– Volg die wêreld en ervaar duisternis, volg HOM en ken die lig.
– Lig en lewe gaan hand aan hand.
– Volg die Here en Sy lig, en jy sal die ‘Lig van die lewe’ ken!
Gebed: Vader, mag ek U lig in my daaglikse lewe ken terwyl ek U volg. Mag ek nooit in duisternis en vrees wandel nie, maar mag ek U lig ken en die ‘Lig van die lewe’ wat U aan my beskikbaar gestel het. Amen.