‘Hy wat in My glo, soos die Skrif sê: strome van lewende water sal uit sy binneste vloei.’
– Ons geloof en vertroue in die Here open die deur na nuwe lewe binne ons.
– Die lewe mag probeer om ons af te trek, maar ons geloof verhef ons tot nuwe hoogtes.
– Sy lewe veroorsaak dat ons van ons hoof tot ons voetsole lewendig is.
– Mag Sy lewende water nog sterker uit jou binneste vloei.
Gebed: Vader, ek verklaar dat ek in U glo. U is my Here, my Verlosser en my God. Laat U lewende water opborrel en uit my binneste vloei, sodat ek kan weet wat dit beteken om werklik te lewe. Amen.