‘Hy was die lamp wat brand en skyn, …’
– Die Here wil jou aan die brand steek, sodat jy ‘n skynende lig kan wees.
– Laat die vonk wat van God af kom, jou ‘n brandende, skynende lamp maak.
– Moet nie net bestaan nie, skyn en weerspieël sy heerlikheid aan diegene rondom jou.
– Wees ‘n seën, ongeag wat jy deurgemaak het!
Gebed: Vader, ek bid dat U die vuur binne my sal aansteek. Laat my ‘n bron van hoop en vreugde vir diegene in my invloedsfeer, wees en mag hulle U in my sien. Amen.