“en aan die vrou gesê: ‘Ons glo nie meer op grond van wat jy gesê het nie, want ons het self gehoor en ons weet dat Hy waarlik die Christus, die Saligmaker van die wêreld, is.’
– Het jy al ooit oorweeg wat jy glo?
– Die vraag is, is jy ‘n gelowige of is jy ‘n twyfelaar?
– Moenie toelaat dat twyfel, vrees en vrae jou van die vreugde om te glo, beroof nie.
– Hy is inderdaad die Verlosser van die wêreld, en Hy wil ook jou Verlosser wees.
Gebed: Vader, vandag beweeg ek weg van twyfel, vrees en ongeloof, en ek omhels nou hierdie groot werklikheid; dat U my Verlosser en my Here is. Ek glo! Amen.