‘Jesus antwoord en sê vir haar: As jy die gawe van God geken het en geweet het wie Hy is wat vir jou sê: Gee vir My water om te drink, sou jy Hom gevra het en Hy sou vir jou lewende water gegee het.’
– Die gawes wat God vir ons het, is van die grootste vreugdes in die lewe.
– Die gawe van die ‘Lig van die lewe’ beteken dat ons nooit weer in duisternis hoef te wandel nie.
– Die gawe van ‘Vrede’ beteken dat ons nie hoef te vrees, bekommerd te wees of ontsteld te wees nie.
– Die gawe van ‘Ewige Lewe’ beteken dat ons kan weet dat ons ewige bestemming veilig is.
Gebed: Vader, dankie vir die gawes wat U aan my beskikbaar stel. Ek vra dat U my sal gee; die ‘Lig van die Lewe’ wat van U af kom, die ‘Vrede’ wat alle verstand te bowe gaan, ‘Ewige Lewe’ sodat ek nooit die dood hoef te vrees nie, en die ‘Lewende Water’ sodat ek tevrede en heel kan wees. Amen.