‘Jesus antwoord en sê vir hom: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie weer gebore word nie, kan hy die koninkryk van God nie sien nie.’
– Ware lewe en om waarlik te lewe begin eers wanneer ons wedergebore is.
– Die oomblik van verlossing is die eerste oomblik van ware lewe.
– Alles wat vooraf gebeur het, is nie meer betekenisvol nie.
– Van daardie oomblik af ontvang ons lewe van die ewige, lewende God.
Gebed: Vader, ek draai vandag weg van daardie dinge wat U nie behaag nie. Ek erken dat ek nie altyd die regte ding gedoen het nie en ek vra U om my te vergewe. Ek open die deur van my hart en ek vra U om as my Here en my God, in my te kom woon . In Jesus se Naam. Amen.