‘Johannes antwoord en sê: ‘n Mens kan niks aanneem as dit hom nie uit die hemel gegee is nie.’
– Alles wat ons in die lewe het, is ‘n geskenk uit die hand van God.
– Die lewe self is ‘n geskenk, en die asem in ons longe is ‘n gawe van God.
– Moenie dinge as vanselfsprekend aanvaar nie.
– Elke goeie en perfekte geskenk kom van die Here na ons toe.
Gebed: Vader, dankie dat U die Gewer is van elke seën en skat wat ek in my lewe geniet. Ek sal U loof solank as wat U my die asem in my longe leen. Ek besef dat elke goeie ding van U af kom. Amen.