‘Maar hulle skreeu: Neem hom weg, neem hom weg, kruisig hom!’
– Die droewigste dag in die geskiedenis is die dag toe die mensdom hulle Verlosser verwerp het.
– Dit was ‘n keuse wat hulle gemaak het en hulle het die grootste geskenk ooit misgeloop.
– Laat ons nie die grootste geskenk wat ooit aan ons gegee is, misloop nie.
– Kom ons onthou wat Christus vir ons gedoen het en vier dat ons ‘n Verlosser het.
Gebed: Vader, ons wil nie soos die mensdom wees wat U verwerp het nie, U die grootste geskenk wat ooit aan die mensdom geskenk was. Ons open ons harte en ontvang U opnuut in ons lewens. Ons sê: ‘Kom in, kom in ons harte en lewens in’. Amen.