‘Soos die Vader My liefgehad het, het Ek julle ook liefgehad. Bly in hierdie liefde van My.’
– Jy kan seker wees dat jou Verlosser jou liefhet.
– Sy liefde is onvoorwaardelik, onmeetbaar, eindeloos en vir ewig.
– Sy liefde vir jou is al wat jy nodig het en dit is meer as genoeg.
– Jou verantwoordelikheid is om met Sy liefde verbind te bly.
Gebed: Vader, dankie vir U wonderlike liefde vir my. U liefde, o Here, reik tot in die hemele en tot in die laagste plek waar ek myself kan vind. Mag daar niks tussen ons kom wat my van U liefde kan skei nie. Amen.