‘Bly in My, soos Ek in julle. Net soos die loot geen vrug kan dra van homself as dit nie in die wynstok bly nie, so julle ook nie as julle in My nie bly nie.’
– Om met God verbind te bly, is die belangrikste saak in die lewe.
– As hierdie saak besleg is, kan elke ander seën hieruit voortvloei.
– Hierdie essensiële verbinding kan in die spanning en druk van die lewe, verlore gaan.
– Bepaal dus in jou eie hart om met die Bron van die lewe in verbinding te bly!
Gebed: Vader, dit is my keuse en my besluit om in noodsaaklike eenheid met U te bly. Vergewe my, dat ek die probleme van die lewe en die sorge van hierdie wêreld toelaat om met my verbintenis met U, in te meng. Ek kies om in U te bly en ek maak my hart oop vir U om in my te woon. Amen.