Daaglikse Bybel Vers: Johannes 14:23
‘…: As iemand my liefhet, sal hy my woord bewaar, en my Vader sal hom liefhê, en Ons sal na hom toe kom en by hom woning maak.’
– Dit is omdat ons die Here liefhet dat ons doen wat Hy vir ons sê om te doen.
– Die beloning vir gehoorsaamheid is bokant ons begrip.
– In die proses kan ons ‘n persoonlike en intieme verhouding met God ken.
– Laat ons gedetermineerd wees en vas besluit dat ons ons Here sal lief hê en dat ons Hom gehoorsaam sal wees.
Gebed: Vader, ek wil hierdie oomblik gebruik om vir U te vertel hoe lief ek U het! Ek kies om U lief te hê, om U te volg en gehoorsaam te wees tenopsigte van dit wat U sê. Mag my hart ‘n plek wees wat U, U tuiste kan noem! Amen.