Daaglikse Bybel Vers: Johannes 14:1
‘Laat julle harte nie ontsteld word nie; glo in God, glo ook in My.’
– Dit is maklik om toe te laat dat ons harte ontsteld en bekommerd raak.
– As ons om ons kyk na omstandighede is daar baie redes om te vrees.
– Maar ons het ‘n wonderlike Hemelse Vader wat ons lief het en vir ons sorg.
– Jou Verlosser het jou lief en Hy sê vir jou om nie jou hart te laat ontsteld word nie.
Gebed: Vader, ek glo in U en ek weet dat U my Vader is. Ek sal U vertrou en in U rus en ek sal nie toelaat dat my hart onsteld wees nie, maar ek sal glo. Amen.