‘…: Ek is die opstanding en die lewe; wie in My glo, sal lewe al het hy ook gesterwe;’
– Die Here bied ons die moontlikheid van die ewige lewe.
– Ons kan hierdie lewe en Sy opstandingskrag vind in wat Hy vir ons op die kruis gedoen het.
– Sonde en die dood mag ons enigste alternatief gewees het, maar Hy het vir ons lewe gebring.
– Laat ons met niks minder as Sy lewe in ons lewe tevrede wees nie.
Gebed: Vader, dankie dat U die opstanding en die lewe is. Ek ontvang U lewe in my lewe, en ek verklaar dat ek in U glo en daarom sal ek LEWE. Amen.