‘Jesus sê vir haar: Ek is die opstanding en die lewe; wie in My glo, sal lewe al het hy ook gesterwe; en elkeen wat lewe en in My glo, sal nooit sterwe tot in ewigheid nie. Glo jy dit?’
– Op hierdie spesiale tyd van die jaar onthou ons dat Hy vir ons gesterf en weer opgestaan het.
– Om te leef deur in Hom te glo, bring lewe, die ewige lewe, in ons lewens.
– Hy is jou opstanding en jou lewe.
– Plaas jou lewe in Sy hande en glo in Hom.
Gebed: Vader, ek glo in U. Ek glo dat U die opstanding en die lewe is waarna my siel so smag. Dankie dat U na my wêreld gekom het en my losprys betaal het sodat ek gered kan word en die ewige lewe kan ken. Amen.