‘En baie het na Hom gekom en gesê: Johannes het wel geen teken gedoen nie, maar alles wat Johannes van Hom gesê het, was waar.’
– Jou lewe is miskien nie opmerklik nie, maar jou woorde kan ‘n verskil maak.
– Lank na sy dood het mense onthou wat Johannes die Doper gesê het.
– Praat dus oor hoe groot God is, vertel van Sy krag en Sy grootheid.
– Woorde is soos saad, ons plant dit en hulle produseer hul eie oes.
Gebed: Vader, mag my mond nooit gevul word met ledige woorde nie, maar mag my mond spreek van U trou en goedertierenheid. Mag ek onthou word omdat ek mense daaraan herinner het dat hulle op U kan vertrou en staatmaak. Amen.