‘…, en niemand sal hulle uit My hand ruk nie.’
– As Sy kind kan jy ware sekuriteit ken en geniet.
– Jy kan rus in die wete dat Sy hand jou vashou.
– Die Here se hand beskerm, dra en lei jou.
– Niks en niemand kan jou uit Sy kragtige hand ruk of verwyder nie.
Gebed: Here, dank U dat ek aan U behoort. U is my Goeie Herder en ek is een van U skape. As gevolg hiervan, kan ek weet dat U my veilig vashou en niks kan dit van my afneem nie. Amen.