‘en sê vir hom: Neem jou in ag en wees gerus; wees nie bevrees en laat jou hart nie week word ...’
– In hierdie vers sien ons die Woord van die Here waar dit na iemand in nood, kom.
– Op dieselfde manier kom die Woord van die Here na jou toe en sê dat jy nie hoef te vrees nie.
– As dinge oorweldigend raak, ontmoedig en verlam dit ons.
– Maar die Here tree altyd in ons omstandighede in en stel ons gerus.
Gebed: Vader, Dankie vir die leiding en aanmoediging wat U vir my gee. Met U hulp sal ek nie bekommerd wees nie, ek sal nie vrees nie, en ek sal nie moed verloor nie. Amen.