‘deur sy liefde en deur sy medelyde het Hý hulle verlos; en Hy het hulle opgehef en hulle gedra, al die dae van die ou tyd.’
– Onthou, God se hart teenoor jou is gevul met liefde en genade.
– Liefde en genade is die twee dinge wat ons in die lewe die nodigste het .
– Die Here wil hê dat jy Sy liefde en genade teenoor jou eerstehands moet ervaar.
– Hy sal jou verlos; Hy sal jou red, en Hy sal jou deurdra!
Gebed: Vader, dankie vir U groot liefde en genade teenoor my. Ek ontvang vandag weereens U liefde en genade. Ek bid dat U my sal oplig en dra. Amen.