‘om vir die treurendes in Sion te beskik dat aan hulle gegee word sieraad vir as, vreugde-olie vir treurigheid, ’n gewaad van lof vir ’n verslae gees; ...’
– Die Here verlang om ons gelukkig en geseënd te sien, terwyl ons Hom loof en prys.
– Sy plan vir ons is NIE wanhoop, rou en as nie.
– Hy wil in ons lewens intree en die negatiewe dinge verruil vir Sy seëninge.
– Hy kan enige situasie omkeer, en Hy wil dit vir jou doen.
Gebed: Vader, vandag gee ek U my as, en ek ontvang U skoonheid. Ek gee U my rou, en ek ontvang U vreugde en ek gee U my wanhoop, en ek ontvang ‘n gees van lof. Amen.