Daaglikse Bybel Vers: Jesaja 55:11
‘so sal my woord wees wat uit my mond uitgaan: dit sal nie leeg na My terugkeer nie, maar doen wat My behaag en voorspoedig wees in alles waartoe Ek dit stuur.’
– Wanneer die Here spreek, gebeur dinge.
– Sy woord word uitgestuur om Sy doele te bereik.
– Ons kan tenvolle vertrou op Sy woord en Sy beloftes.
– Neem wat Hy jou gegee het en glo dat Hy sal doen wat Hy belowe het.
Gebed: Vader, dankie vir al die woorde en beloftes wat U spreek. Die woorde uit U mond sal nie leeg en betekenloos terug keer nie, maar hulle sal vervul word. Amen.