‘Is dit nie U wat die see, die waters van die groot wêreldvloed drooggemaak het nie, wat van die dieptes van die see ‘n pad gemaak het vir die deurtog van die verlostes nie?’
– Ons moet nooit die groot dinge wat God altyd vir Sy mense gedoen het, vergeet nie.
– Hy het nie verander nie en Hy wil nogsteeds vandag vir jou groot dinge doen.
– Vertrou Hom vir die wonderwerk en deurbraak wat jy nodig het.
– Netsoos wat Hy voorheen ‘n pad gemaak het, sal Hy kom en weer ‘n pad maak.
Gebed: Vader, U was die Een wat die waters geskei het en ‘n pad gemaak het waar dit gelyk het of daar geen weg was nie. Ek gee U my situasie en vra dat U ‘n wonderwerk vir my sal doen want ek weet U is dieselfde getroue God. Amen.