‘Ek self sal voor jou uit gaan en hoogtes gelykmaak; koperdeure sal Ek verbreek en ystergrendels stukkend slaan.’
– Die Here is aan jou kant.
– Hy neig oor na jou met guns en beskerming.
– Moenie op jou eie krag staatmaak nie.
– Hy sal die krag van jou lewe wees en Hy sal die struikelblokke uit die weg ruim.
Gebed: Vader, Ek kom vandag na U toe, want U is die Een wat die hoogtes gelykmaak en deurbraak bring. Ek sal dus nie vrees nie, maar ek sal op U staatmaak en in U rus. U is die Een wat die krag in my lewe is. Amen.