‘So sê die HERE, jou Maker en jou Formeerder van die moederskoot af, wat jou help: Wees nie bevrees nie, ….!’
– Dit is wonderlik om te weet dat die Here ons gevorm en gemaak het.
– Hy ken elke aspek van ons.
– Tenmidde hiervan wil Hy met ons praat, ons help en Sy liefde vir ons ‘n realiteit maak.
– Die Here wil nie hê dat ons moet vrees nie, Hy wil hê dat ons Hom moet vertrou en nie bevrees wees nie.
Gebed: Vader, dank U dat U so breedvoerig in my lewe betrokke is. Dank U dat U my gemaak en gevorm het om by U planne vir my in te pas. Ek sal U vertrou en ek sal nie vrees nie. Amen.