‘Dink nie aan die vorige dinge nie, en slaan geen ag op wat vroeër gebeur het nie.’
– Dit is nou tyd vir ‘n verandering in perspektief.
– Ons moet ophou om in die tru-spieëltjie te kyk en begin om vorentoe te kyk.
– Wat in die verlede is, is verby en die toekoms lê vir ons voor.
– Kyk vorentoe, kyk vorentoe en wees met verwagting en hoop gevul.
Gebed: Vader, ek vier dit wat U vorentoe vir my beskikbaar gestel het. Help my om die verlede agter te laat en om ‘n toekoms waar U tenvolle in beheer is, te omhels. Amen.