‘Wees nie bevrees nie, want Ek het jou verlos; Ek het jou by jou naam geroep; jy is myne!’
– As die Here elke ster in die ruimte ken. Ken Hy beslis jou naam.
– Ons kan nooit ten volle begryp hoe groot sy liefde vir ons is nie.
– Om by die naam geroep te word, is ‘n teken van sy individuele sagtheid teenoor jou.
– Onthou, jy behoort aan Hom en Hy sal jou red.
Gebed: Vader, Ek sal nie vrees nie. U hou wag oor my en U roep my uit om te doen wat U vir my lewe beplan en bedoel het. Ek plaas my lewe en toekoms in U onfeilbare hande. Amen.