Daaglikse Bybel Vers: Jesaja 43:1 GNT
‘Wees nie bevrees nie, want Ek het jou verlos; Ek het jou by jou naam geroep; jy is Myne!…’
– Die Here wil jou verseker dat Hy jou sal red en verlos.
– Hy weet alles aangaande jou en Hy neem verantwoordelikheid vir jou.
– Jy kan sekuur voel in die veiligheid van Sy liefde en beskerming.
– Hy bly getrou en Hy sal doen wat Hy gesê het dat Hy sal doen.
Gebed: Vader, dank U dat U met my is en dat U my sal red, dus het ek niks om te vrees nie. Dit is wonderlik om te weet dat U my liefhet en dat U my op my naam geroep het. Amen.