‘Want Ek, die Here jou God, gryp jou regterhand aan, Ek wat vir jou sê: Wees nie bevrees nie, Ek help jou.’
– Toe ek ‘n kind was sou my ma my hand vashou as ons oor die straat loop.
– God wil jou hand kom neem terwyl jy die lewe aandurf.
– Die Here sien die volle prent en dit is dus sinvol om aan Hom vas te hou.
– Hy hou jou vas omdat Hy jou liefhet en Hy wil jou help en beskerm.
Gebed: Vader, Ek bid dat U vandag my hand sal neem. Ek het U nodig in my lewe en ek het U nodig om my te help waar ek elke dag van my lewe aandurf. Dankie dat ek kan weet dat U my sal help. Amen.