‘Wees nie bevrees nie, want Ek is met jou;..’
– Hy is met jou tenspyte van wat jy moet hanteer.
– Daar is ‘n hand om vas te hou maak nie saak hoe die situasie mag lyk nie.
– Hy is met jou selfs wanneer jy nie weet wat om te doen nie.
– Hy is met jou selfs wanneer jy oor gegee het, en Hy sê: ‘Wees nie bevrees nie.’
Gebed: Vader, dankie dat U met my is in die lewe se laagste en koudste oomblikke. U is die Een wat my dra wanneer ek myself nie kan dra nie en U verseker my aanhoudend dat ek nie nodig het om te vrees nie. Amen.