‘… Ek versterk jou, ook help Ek jou, …’
– Wat meer kan ons nodig hê dan die krag en die hulp van die Here.
– Hy sal jou van binne versterk sodat jy môre kan aandurf.
– As Hy jou krag is, wat en wie hoef jy te vrees?
– Hy belowe om jou uit al jou laste en versoekings te help.
Gebed: Vader, U is my krag wanneer ek swak is, U is die skat waarna ek soek, U is my alles. Wanneer ek val tel U my op, wanneer ek dors is vul U my beker, U is my alles! Amen.