‘En daar sal bestendigheid van jou tye wees, ….’
– Ons lewe werklik in eienaardige tye in die wêreld.
– Maar ongeag wat jy deurgaan is Hy jou fondasie.
– Die Here is jou fondasie en op Hom kan jy reken en met vertroue bou.
– Rus op jou fondasie en jy sal nie geskud word nie, maar jy sal vas staan.
Gebed: Vader, dankie dat ek U as die ‘bestendige fondament’ van my lewe en die seisoene van my lewe kan ken. Ek plaas my voete op hierdie fondasie en ek sal vertrou en nie vrees nie. Amen.