‘U sal ‘n standvastige gesindheid in volle vrede bewaar, want hulle vertrou op U.’
– Ons gedagtes moet op die Here gevestig wees.
– Wanneer ons op die probleme om ons fokus, maak dit ons swak.
– Besluit om aan die Here en Sy krag, aan te hou dink.
– Terwyl jy dit doen, vertrou jy op Hom, en Hy sal vir jou vrede in jou lewe gee.
Gebed: Vader, ek kies om my gedagtes op hoe getrou en hoe wonderlik U is, te fokus. Ek wil nie deur negatiewe gedagtes en negatiewe denke afgetrek word nie. Dus, rig ek my gedagtes op U en vertrou op U om my lewe met U vrede te vul. Amen.