‘…want die Here HERE is my krag en my psalm, en Hy het my tot heil geword.’
– Jou uiterste bron van krag is die Here jou God.
– Ons krag kan ons nie ver bring nie, en dan het ons Sy krag nodig.
– Sy sterkte gee jou die krag om uitdagings en probleme te oorwin.
– Oorwinning behoort aan die Here en Hy wil dit vir jou gee.
Gebed: Vader, dank U dat ek my krag en my vreugde in U kan vind. Ten spyte van wat ek dalk moet trotseer, weet ek dat U my elke dag sterker maak. Ek ontvang die oorwinning wat U belowe het en ek weet dat U my na oorwinning sal lei. Amen.