‘…….: Luister na my stem, dan sal Ek vir julle ‘n God wees, en julle sal vir My ‘n volk wees;……’
– Gehoorsaamheid lei tot die seën en guns van die Here op ons lewens.
– Het jy God se leiding onlangs in enige area van jou lewe gevoel?
– Ons moet nie net hoor nie, maar ons moet in gehoorsaamheid optree.
– Jy is SYNE, en HY sal jou God wees.
Gebed: Vader, dankie dat ek kan weet wat dit beteken om waarlik aan U te behoort. Dankie dat ek sonder enige twyfel kan weet dat ek U kind is, en as U kind kies ek om U leiding en instruksies vandag en elke dag, te volg. Amen.