Daaglikse Bybel Vers: Jeremia 6:16
‘So spreek die Here: Staan op die weë, en kyk en vra na die ou paaie, waar tog die goeie weg is, en wandel daarin; en julle sal rus vind vir julle siel.’
– Ons kom dikwels by kruispaae in ons lewens.
– Hierdie ‘kruispad’ oomblikke is kritiese tye waarin ons God se leiding nodig het.
– In tye waarin ons besluite moet neem, verlaat Hy ons nie, Hy tree in om ons te help.
– Ons moet net wag, vra en gehoorsaam wees en Hy sal ons lei en vir ons rus gee.
Gebed: Vader, op hierdie tydstip in my lewe, kies ek om U hulp en leiding te soek, sodat ek alles kan vind wat U vir my siel voorberei het. Amen.