‘Laat dit goed of sleg wees – ons sal luister na die stem van die HERE onse God na wie ons u stuur, dat dit met ons goed kan gaan as ons luister na die stem van die HERE onse God.’
– Gehoorsaamheid lei tot seën en guns in, en op ons lewens.
– Gehoorsaamheid is partymaal maklik, en ander kere is dit moeiliker.
– Ons moet gedetermineerd wees om te doen wat Hy vir ons sê om te doen.
– Dan sal ons Sy seën ervaar soos wat ons nooit gedink het, mootlik is nie.
Gebed: Vader, ek verklaar dat dit my keuse en begeerte is om U te volg en om U leiding en rigting in my lewe gehoorsaam te wees. Ek bid dat dit met my goed sal gaan terwyl ek aan U gehoorsaam is. Amen.