‘…: Ja, Ek het jou liefgehad met ‘n ewige liefde; daarom het Ek jou getrek met goedertierenheid.’
– Vandag wil die Here jou verseker van Sy ewige liefde vir jou.
– Jy is waardevol en kosbaar vir Hom en Hy het jou oneindig lief.
– Verwag Sy ewigdurende liefde en Sy onfeilbare goedertierenheid.
– Jou Hemelse Vader het jou lief, en dit is ‘n fondasie om op te staan.
Gebed: Vader, dankie vir u ewigdurende liefde en goedertierenheid teenoor my. Ek ontvang dit opnuut vandag wanneer ek onthou dat U na hierdie aarde toe gekom het omrede U groot liefde vir alle mense en vernaamlik vir my. Amen.