‘….: En Abraham het God geglo, en dit is hom tot geregtigheid gereken, en hy is ‘n vriend van God genoem.’
– Die vraag is: ‘Glo ons God werklik, of twyfel ons in Hom?
– Wanneer ons gedagtes met twyfel gevul raak, behoort Sy getrouheid ons die sekerheid te gee wat ons nodig het.
– Abraham was ‘n man wat twyfel oorwin het en geglo het.
– Kom ons doen dieselfde, kom ons verwerp twyfel en mag ons harte met geloof en vertroue gevul wees.
Gebed: Vader, ek wil soos Abraham wees wie U kon glo ongeag hoe die omstandighede om hom voorgekom het. Ek kies om te glo en ek kies om twyfel en vrees te verwerp. Mag ek ook as U vriend geken word. Amen.