‘En as iemand van julle wysheid kortkom, laat hom dit van God bid, wat aan almal eenvoudig gee sonder om te verwyt, en dit sal aan hom gegee word.’
– Dit is wonderlik dat ons God vir wysheid en leiding kan vra.
– Ons weet nie altyd wat die beste opsie is om te kies nie – maar Hy weet.
– Wanneer jy onseker voel, kan jy Hom vra om jou te help om die regte ding te doen.
– Hy sal jou pad rig en Hy sal jou paaie gelyk maak.
Gebed: Vader, ek vra vandag vir U wysheid in die situasies waarin ek verkeer. Ek wil op die vaste fondasie van U wysheid en rigting lewe. Mag ek afhanklik van U, lewe. Amen.