‘Want kyk, die winter is verby, die reëntyd is oor, dit het verbygegaan. Die bloeisels word gesien in die land, die sangtyd het aangebreek,…’
– Die lewe is, soos in die natuur, ‘n reeks seisoene.
– Die winter duur nie vir ewig nie en die hoop op die lente is werklik.
– Seisoene verander wel, selfs al voel dit of hulle nie vinnig genoeg verander nie.
– Die Here sal jou deur die winterseisoen na Sy geseënde somer, bring.
Gebed: Vader, U is die Een wat die tye en die seisoene ken en U sorg dat elke seisoen ‘n vervaldatum het en ‘n tyd wanneer dinge draai en verander. Mag hierdie ‘n nuwe seisoen in my lewe wees. Amen.