‘Ek is my beminde s’n, en my beminde is myne …’
– Onthou, jy is waardevol en kosbaar vir die Here en Hy het jou lief.
– Jy behoort aan iemand; jy behoort aan die Here.
– Jy is sy spesiale skat, en jy is Sy huis, waar Hy kan woon.
– Jou Hemelse Vader het jou lief en sorg vir jou – moenie vrees nie!
Gebed: Vader, dankie dat ek kan weet dat U my lief het en my waardeer. U sien my as iemand van groot waarde. Ek sal in u veilige en getroue liefde vir my, rus. Amen.