‘ en ons het dit as ’n anker van die siel wat veilig en vas is…’
– Die hoop wat ons in God het, is soos ‘n anker vir ons siele.
– Met Sy hulp kan ons selfs in die storms veilig staan.
– Jou anker in God sal jou nie faal of teleurstel nie.
– Klou vas aan die hoop wat jy in Hom het, Hy is jou vaste fondasie.
Gebed: Vader, ek hou vas aan die hoop en die vertroue wat ek in U het. Dit is U wat my veilig sal hou totdat die storm verby trek. Amen.